Home

Donsveertjie Gaste plaas is ‘n 2 ster Gastehuis en selfsorg eenheid kompleks wat tot 18 gaste kan huisves. Ons is geleë omtrent 10km buite Heilbron op die R34  –  Edenville / Kroonstad  pad. Donsveertjie is ‘n gewilde keuse vir stedelinge wat vir ‘n naweek wil wegbreek van die besige stadslewe.

Ons plaas is bekend vir ons hoë kwaliteit dons komberse en kussings. Daar is meer as 150 ganse op die plaas en besoekers kry dikwels die geleentheid om te sien hoe ons die vere pluk en voorberei vir die dons produkte.